BLOMMERANGSKIKKINGSKURSUS gaan vir die LAASTE keer
aangebied word in 2019
Almal van ons het al een of ander tyd met 'n pragtige bos blomme in die hand gestaan en nie geweet hoe om dit mooi te rangskik nie!
Wel, die Blommerklasse gaan definitief die oplossing wees van al jou rangskikkings-probleme!
Na slegs 'n paar klasse sal jy ook in staat wees om
blomme te rangskik vir troues, funksies, ens, sodoende sal jy baie
kostes kan spaar of selfs 'n lekker ekstra'tjie verdien!
Die klasse is gerig op beginners -
geen vorige ondervinding is noodsaaklik nie!
Klasse gaan op Vrydagoggende en weer op
Saterdagoggende aangebied word.
DAAR IS SLEGS PLEK VIR 10 PERSONE PER KLAS!
In totaal word daar 7 Klasse aangebied, naamlik:
Vaasrangskikking, Tafelruikers, Parallel-
rangskikkings, Mandjierangskikking, Tuintjierangskikking,
Draadkonstruksie en Trouruikers
DIS NIE NODIG OM VIR AL DIE KLASSE IN TE SKRYF NIE.
ENIGE PERSOON KAN VIR ENIGE KLAS INSKRYF -
PERSONE WAT EGTER VIR AL 7 DIE KLASSE INGESKRYF HET, KRY VOORKEUR.
VIR MEER BESONDERHEDE, DIE ROOSTER,
KLASGELDE EN KOSTES, KLIEK HIER.